Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Kings 24

:
Afrikaans - AFR20
1 In sy tyd het Nebukadnesar, die koning van Babilonië, opgetrek, en Jojakim was drie jaar lank sy dienaar. Maar toe hy daarna weer teen hom in opstand kom,
2 het die Here roofbendes van die Galdeërs, Arameërs, Moabiete en Ammoniete teen hom gestuur. Die Here het hulle teen Juda gestuur om hom te vernietig, ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy by monde van sy diensknegte, die profete, gespreek het.
3 Dit het beslis op bevel van die Here met Juda gebeur, om hulle so uit sy teenwoordigheid te verwyder, oor die sondes van Manasse, as gevolg van alles wat hy gedoen het,
4 en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het. Hy het Jerusalem met onskuldige bloed gevul, en die Here was nie bereid om dit te vergewe nie.
5 Die verdere geskiedenis van Jojakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie?
6 Jojakim het by sy voorouers gaan rus, en Jojagin, sy seun, het in sy plek koning geword.
7 Die koning van Egipte het nie meer op veldtogte uit sy land getrek nie, want die koning van Babilonië het van die Spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles afgeneem wat aan die koning van Egipte behoort het.
8 Jojagin was agttien jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Negusta, dogter van Elnatan, uit Jerusalem.
9 Hy het gedoen wat verkeerd is in die van die Here, net soos sy vader gedoen het.
10 In daardie tyd het die dienaars van Nebukadnesar, die koning van Babilonië, opgetrek teen Jerusalem, en die stad was onder beleg.
11 Toe Nebukadnesar, die koning van Babilonië, by die stad kom terwyl sy dienaars dit beleër het,
12 het Jojagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babilonië, hy en sy moeder, sy dienaars, •hoë amptenare en eunugs. Die koning van Babilonië het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.
13 Nebukadnesar het al die skatte van die huis van die Here en die skatte van die koninklike paleis daarvandaan weggevoer. Hy het al die goue voorwerpe wat Salomo, koning van Israel, in die •tempel van die Here gemaak het, verpletter, soos die Here gesê het.
14 Hy het die hele Jerusalem in ballingskap weggevoer, al die hoë amptenare en al die vermoënde mense tienduisend ballinge ook al die vakmanne en smede. Niemand behalwe die armes uit die volk van die land het oorgebly nie.
15 Hy het Jojagin in ballingskap weggevoer na Babel. Die moeder van die koning, die vroue van die koning, sy eunugs en die burgers van die land het hy as ballinge van Jerusalem na Babel laat gaan.
16 Al die bekwame manne, seweduisend van hulle, en die vakmanne en smede, duisend van hulle, asook al die krygshelde wat kon oorlog voer, het die koning van Babilonië as ballinge na Babel geneem.
17 Die koning van Babilonië het toe Mattanja, Jojagin se oom, in sy plek koning gemaak, en sy naam verander na Sedekia.
18 Sedekia was een-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Gamutal, dogter van Jeremia, uit Libna.
19 Hy het gedoen wat verkeerd is in die van die Here, net soos Jojakim gedoen het.
20 Ja, vanweë die Here se toorn het dit met Jerusalem en Juda gebeur, totdat Hy hulle uit sy teenwoordigheid verwerp het. Sedekia het teen die koning van Babilonië in opstand gekom.